GRAAFF-REINET SWEMNUUS - Hierdie vyf swemmers van Hoër Volkskool het die seisoen op 'n hoogtepunt afgesluit:
• Marlien Crewe-Brown het deelgeneem aan die Top 8-swemgala en het 'n silwer medalje vir die 50m-rugslag verower, asook goue medaljes vir die 50m-vlinderslag, die 50m-borsslag en die 100m-borsslag. Sy het ook aan die Vlak 2-swemgala deelgeneem wat in Oudtshoorn plaasgevind het en het uitstekend gevaar. Sy het silwer medaljes vir die 50m-borsslag, 50m-vlinderslag en 100m-borsslag ingepalm. Sy wen ook vier goue medaljes vir die 200m-individuele wisselslag, die 50m-vryslag en ook vir vier aflosse waarvan sy deel was.
• Emile Blignaut het ook gekwalifiseer vir die Top 8-swemgala en het baie goed gevaar. Hy het ook deelgeneem aan die Vlak 1-swemgala waar hy 'n brons medalje vir die 100m-borsslag en 'n silwer medalje vir die 50m-borsslag verower het.
• Llewellyn Crewe-Brown het vir die Vlak 3-swemgala gekwalifiseer en brons medaljes vir die 200m-vryslag en 200m-individuele wisselslag verower asook silwer medaljes vir die 200m-rugslag en die 4x50m-aflos. Hy het ook goue medaljes vir die 4x100m-flos en 100m-rugslag gewen.
• Ben van der Merwe het ook gekwalifiseer vir die Top 8-swemgala waar hy 'n brons medalje vir die 50m-rugslag gewen het.
• PJ de Goede het ook aan die Top 8-swemgala deelgeneem en 'n brons medalje vir 50m-borsslag verower.
Marlien Crewe-Brown, Emile Blignaut, Llewellyn Crewe-Brown en Ben van der Merwe. Afwesig: PJ de Goede.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'