GRAAFF-REINET NUUS — Altesaam 21 hengelaars van regoor die Oos-Kaap het deelgeneem aan die OP proewe wat die pas afgelope naweek in Graaff-Reinet gehou is.
Die hengelaars is tot die uiterste getoets in haglike weersomstandighede.
Saterdag is die proewe weens die sterk wind gestop en talle hengelaars het baie skade gehad met toerusting wat beskadig is weens die slegte weer. Saterdagaand was daar 'n spanbou-geselligheid by die SANParke-lapa gehou waar die mans weer nuwe moed vir die Sondag se hengel geskep het.
Sondagoggend is die proewe hervat en die dag het heelwat beter begin.
Camdeboo Hengelklub kondig met trots aan dat al sewe hengelaars van die klub wat deelgeneem het die OP oefengroep gehaal het. Die hengelaars wat deelgeneem het is Rocco Erasmus, Theo Coetzee, Arthur Langley, Hennie van Rensburg, Kleinjan van Rooyen, Jacques Vorster en Fred Holtshauzen.
Die klub wens hul graag sterkte toe met die oefenkamp op 15 Julie te River Reeds, Kirkwood.
Vir inligting om deel te raak van die klub, kontak Laine Coetzee by 076 123 1228.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'