GRAAFF-REINET — Vroeër in Mei-maand het die Camdeboo Hengelklub hul nuwe seisoen met 'n taai, maar aangename, klubkompetisie afgeskop.
Dit was 'n gespook en -spartel om die visse uit die water te kry, maar na 'n goeie geveg of twee is daar baie goeie vangste wal toe ingekatrol.Die dag se wenner was Owen Thiart met 'n totale vangs van 11.79kg, Laine Coetzee het tweede gekom met 'n gewig van 8.085kg, Arthur Langley was derde met sy sak van 7.485kg, Fred Holtzhausen, vierde, met 'n totale gewig van 7.485kg en Kleinjan van Rooyen, vyfde, met 7.325kg.
Die swaarste karp - met 'n gewig van 3.165kg - was gevang deur Owen Thiart met Jacques Vorster wat die tweede swaartse karp van 3.09kg gevang het.
Die swaarste barber - met 'n gewig van 2.915kg - was gevang
deur Laine Coetzee, met Owen Thiart wat die tweede swaarste barber van 2.035kg uit die water uit getrek het. Arthur Langley het die derde grootste barber (2.015kg) gevang.
Die pas afgelope naweek was die
laaste OP-liga hengelkompetisie te Lake Mentz gehou. Twee lede van die Camdeboo Hengelklub het hieraan deelgeneem. Hennie van
Rensburg en Arthur Langley het eerste gekom in hul zone en só die eerste en tweede plek onderskeidelik in hul zone verower.
• Die OP-proewe word volgende naweek, 10 en 11 Junie, by die Nqwebadam gehou. Menige senior hengelaars verbonde aan die klub gaan hieraan deelneem en die klub wens die lede sterkte toe.
Die wenners onder die dames by die Camdeboo Hengelklub se onlangse klubkompetisie: Laine Coetzee (eerste) en Lanie Opperman (tweede).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'