GRAAFF-REINET SWEMNUUS - Vyf van Hoër Volkskool se swemmers het onlangs deelgeneem aan 'n uitnodigingsgala in Port-Elizabeth.
Hierdie gala word gehou na afloop van B-groep galas wat gedurende die seisoen gehou word. Slegs die top-8 in elke item word genooi.
Die Volksies het altesaam 10 medaljes ingepalm.
Dané Thiart het 'n brons medalje gewen vir 50m-vlinderslag, en twee silwer medaljes vir 50m-vryslag en 50m-borsslag.
Emile Blignaut behaal 'n vierde plek vir 50m-vryslag en 'n vyfde plek vir 50m-borsslag.
Owen Thiart wen 'n silwer medalje vir 50m-rugslag en twee goue medaljes vir 50m-vryslag en 50m-borsslag. Anrich Nieuwoudt wen een brons medalje vir 50m-vryslag en drie goue medaljes vir 50m-vlinderslag, 50m-rugslag en 100m-rugslag. Mark Blom kom vierde in die 50m-vryslag en vyfde in die 50m-rugslag.
Swemmers Dané Thiart, Emile Blignaut, Owen Thiart, Anrich Nieweoudt en Mark Blom het onlangs altesaam 10 medaljes by 'n uitnodigingsgala in PE ingepalm.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'