GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se eerste tennisspanne het verlede Vrydag vir die eerste keer in hulle nuwe eeufeesklere teen Laerskool Jeffreysbaai meegeding en skoonskip gemaak.
Die seuns het hul enkelspelwedstryde met 4-0 gewen en die dubbels met 2-0 vir algehele oorwinning met 6-0. Die dogters het hul enkels met 5-1 gewen en die dubbels met 2-1 om met 7-2 te seëvier.
Karoo 4x4 Fitness Center en Retief Geelbek Merino's het die klere geborg.
Laer Volkskool se eerste dogterstennisspan het hul eweknieë van Jeffreysbaai met 7-2 geklop.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'