GRAAFF-REINET TENNIS NUUS - Die tennisspelers van Hoër Volkskool was onlangs bedrywig op die tennisbaan. In die Somerliga het die eerste seunspan met Wheatlands kragte gemeet.
Wheatlands wen die wedstryd 3 – 1. Die tweede seunspan speel teen Mountain, met die besoekers wat 3 – 1 seëvier.
Daarna het die eerste twee spanne in 'n weg-wedstryd teen Cradock gespeel. Die wedstryde is beslis met dubbel- en enkelwedstryde.
Volkskool se eerste seunspan verloor naelskraap 4 – 5, terwyl die eerste dogterspan 8 – 1 wen. Die tweedespan wedstryde is deur Volkskool oorheers en beide die seun- en dogterspanne wen 8 – 1.
Spelers van Middelburg het Graaff-Reinet besoek, waar hulle hoofsaaklik dubbelstel wedstryde gespeel het teen die derde- en vierde span van Volkskool. Middelburg wen met 12 wedstryde teen 4.
Hoërskool Framesby het ook in Graaff-Reinet Volkskool die eerste span aangedurf. Die uitslag is bepaal deur dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde. Hoër Volkskool wen oortuigend met 11 – 1.
Volksies se tennisspelers het geskitter op die baan.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'