Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Van der Merwe-grappe is volop, maar dié stuk oor die klompie Van der Merwes wat Hoër Volkskool se tenniskampioenskappe oorheers het, is beslis geen grap nie. Dis die reine waarheid.
Inké en Petrie van der Merwe is ná afloop van Hoër Volkskool se tenniskampioenskappe as onderskeidelik die dogters- en seunskampioene aangewys.
Inké het Dané Thiart in die dogterseindstryd Maandag met 4-6, 6-3 en 10-2 (in die valbylpot) geklop terwyl Petrie vir Marco Jooste in die seunseindstryd met 6-1,6-2 afgereken het.
Petie en Dané Thiart het die gemeng-de dubbelseindstryd teen Alwyn en Alwyn van der Merwe met 6-0, 6-1 gewen.
Fotogalery: Hoër Volkskool se tenniskampioenskappe
Zanri Groenewald het die o.15-dogterstitel gebuit deur Jani van der Merwe met 6-3, 6-4 te klop terwyl Pieter van der Merwe vir Cole Strydom in die seuns o.15-eindstryd met 6-1, 6-1 klaargespeel het.
In die mansdubbelspeleindstryd het Petrie en sy broer, Alwyn, vir Lliam van Heerden en Marco Jooste met 6-1,6-4 geklop.
Die dubbelspeltitel vir dogters is gewen deur Inké en Dané, wat vir Zanri Groenewald en Jani van der Merwe met 6-1, 6-1 afgeransel het.
Dané Thiart in aksie in die dubbelseindstryd vir dogters.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'