MIDDELBURG SPORT NUUS - 'n Perfekte dag het na baie reëndae dit moontlik gemaak om 'n opwindende tennisdag in Middelburg te hou.
Op Maandag 13 Februarie, het Laerskool Karel Theron se eerste span hul eerste tenniskragmeting van die jaar gehad.
Al was dit 'n tuiswedstryd, moes die tennisspan van Karel Theron bontstaan teen Laerskool Hangklip van Komani.
Die Hangklip-dogters het gewys hulle is kaatjie van die baan, terwyl die twee seunspanne gelykop gespeel het met 21 potte elk.
Vir Karel Theron het Marco Lausberg, Corneel Uys en Johannes Schoombee skitterspel gelewer. Die dag is afgesluit met 'n vriendelike tennis/krieketkombinasiewedstryd.
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'