GRAAFF-REINET NEWS — Oongelooflik. Dit is hoe JC Conradie, organiseerder van die eerste GRT T4Givers-tennistoernooi, dié kompetisie beskryf het.
Die tennistoernooi, wat die pas afgelope Saterdag, 7 April, op die Hoër Volkskool-tennisbane plaasgevind het, was volgens Conradie 'n reuse-sukses.
Tientalle spelers van verskeie klubs het aan die toernooi deelgeneem.
Die toernooi, wat ter wille van liefdadigheid aangebied is, het 'n goeie opbrengs gelewer, wat dié week aan Huis van de Graaff, 'n plaaslike tehuis vir bejaardes, oorhandig is.
Die 1-dag tennistoernooi het bestaan uit enkel- sowel as dubbelwedstryde.
Die organiseerders bedank graag almal wat deelgeneem het en sodoende bygedra het tot die dag se sukses, Hoër Volkskool vir die gebruik van die bane, asook almal wat donasies gemaak het, PG Glass, J Brummer, F Looch en Le Roux Begrafnisdienste.
Diegene wat meer hieromtrent wil uitvind, kan JC Conradie skakel by 072 058 6616 of jcconradie.Ruga9@gmail.com.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'