GRAAFF-REINET NUUS - Die Matchpoint Tennisakademie in Graaff-Reinet het onlangs hul sesde jaarlikse Jocelyn Marais-tennistoernooi gehou.
Sestien skole van regoor die land is genooi om daaraan deel te neem – Laer Volkskool en Union High School het ook hieraan deelgeneem.
In die meeste van die wedstryde het die spanne mekaar lekker opgedreun en kon niemand vasstel wie die wenners gaan wees nie, tot omtrent op die einde toe,
Die uitspeel wedstryde vir plekke was veral baie kompeterend.
By die dogters het die Stellenbosch A-span naelskraap gewen.
Die span van Willem Postma van Bloemfontein was tweede.
In die seunsafdeling het die Stellenbosch A-span ook gewen. met die Eikestad A-span van Stellenbosch in die tweede plek.
Die Matchpoint Tennisakademie spog ook met een van hul spelers wat die Jocelyn Marais-prys - geborg deur Ralie Blignaut van GBG - ontvang het. Die speler wat dié prys in ontvangs neem word deur die spelers en afrigters gekies. Baie baie geluk aan Aron Erasmus - die Matchpoint Tennisakademie is baie trots op die speler.
Soos gewoonlik was dié toernooi 'n reuse sukses en het almal dit terdeë geniet.
Aron Erasmus van Union High School, wenner van die Jocelyn Marais-prys.
- Die Matcpoint-afrigters bedank graag al die borge:
- Hansie en Frikkie van Camdeboo en Spandau Spar,
- Boelie en Marietjie van die Riverside Engen Convenience Centre,
- Fanie en Leanne van die Profcon-oord, Oasis Water,
- Wilson,
- Twizza,
- Mariaan en Grant Marais,
- Peter Marais,
- Spandau Slagtery,
- die Matchpoint Tennisakademie en
- Jaco en Minnette Potgieter.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'