GRAAFF-REINET NUUS - Verskeie tennisspelers verbonde aan Laer Volkskool het onlangs aan die proewe vir die OP Plattelandse-tennisspanne deelgeneem.
Elf leerders is gekies om deel uit te maak van die O.10-, O.12- en O.14-spanne.
Louwen Wolfaardt (nommer 1), Ruan van der Merwe (nommer 2), Francois Naudé (nommer 4) en Petrus Wolfaardt (reserwe) het die O.10-span gehaal.
SP Theron (nommer 1), AJ de Jager (nommer 6), Zanri Groenewald (nommer 1) en Jani van der Merwe (reserwe) het die O.12-span gehaal.
Juan Bezuidenhout (nommer 4), Carien de Wet en Danita du Plessis (reserwe) het die O.14-span gehaal.
Die skool wens die leerders geluk en alle sterkte toe met die prestasie.
Louwen Wolfaardt, Ruan van der Merwe, Francois Naudé en Petrus Wolfaardt.
Juan Bezuidenhout, Carien de Wet en Danita du Plessis.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'