KAROO TENNIS NUUS - Drie Laer Volkskool-tennisspelers het onlangs skitterend gevaar by ’n mini-toernooi in Port Elizabeth. Die beste van als? Hulle is nefies!
Louwen Wolfaardt, Francois Naude en Petrus Wolfaardt het die dorp (en hul familie) se naam hoog gehou by die toernooi, waar die doel was om punte te verdien om in aanmerking te kom vir die OP-tennisspan.
Volgens Mari Swiegers van die skool het Louwen eerste in sy groep gekom, Petrus tweede en Francois derde. “Ons is baie trots op hulle,” het Swiegers namens die skool gesê.
Ons wonder wie sal dié drie tennis-sterre op die baan aandurf by familie-reünies?
Louwen Wolfaardt
Petrus Wolfaardt
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'