TENNIS NUUS - Laer Volkskool se topvier-tennisspelers van die eerstespanne het verlede week aan die Wesbank-tennistoernooi in Oudtshoorn deelgeneem.
LVS-meisies eindig tweede in poel B en speel uit vir die derde plek teen Laerskool Handhaaf. Die meisies wen hierdie wedstryd en eindig derde in die toernooi en ontvang elk 'n medalje.
LVS-seuns eindig tweede in poel B en speel uit vir derde plek teen Laerskool Wesbank B. Die seuns verloor met 1 punt (75 - 76) en eindig vierde.
Die meisiesspan is Dante Dercksen, Ancois Viljoen, Nelé Wolfaardt en Uné Groenewald en die seunsspan, Izak Naudé, André Wolfaardt, Stephen Marais en Rubert Marincowitz.
Die kwik het gestyg tot 39°, maar almal het vasgebyt en deurgedruk soos ware Volksies.
Izak Naudé, André Wolfaardt, Stephen Marais en Rubert Marincowitz van Laervolkskool het vierde gekom.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’