GRAAFF-REINET SKOLE NUUS - Verskeie van Laer Volkskool se jong tennisspelers is onlang gekies om die provinsie op die tennisbaan te verteenwoordig.
Ruan van der Merwe en Louwen Wolfaardt is in die O.12-ouderdomsgroep as deel van die OP Platteland-tennisspan ingesluit.
Carlien Oosthuizen, Petrus Wolfaardt, Francois Naudé en Louis de Wet sal in die O.10-afdeling deel uitmaak van die OP Platteland-tennisspan terwyl Zanri Groenewald in die O.14-ouderdomsgroep vir dié span gekies is.
Zanri is dan ook gekies om die OP Junior-tennisspan te verteenwoordig wat van 16 tot 19 Maart by ‘n interprovinsiale toernooi gaan deelneem.
Die skool is baie trots op elk van dié leerders.
Carlien Oosthuizen, Petrus Wolfaardt, Francois Naudé en Louis de Wet.
Ruan van der Merwe en Louwen Wolfaardt.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'