GRAAFF-REINET TENNISNUUS - Match Point-tennisakademie het die Jocelyn Marais-tennistoernooi vir laerskole op 28 en 29 Oktober in Graaff-Reinet gehou.
Spanne van Stellenbosch, Worcester, Oos-Londen, Gqeberha (PE), Grahamstad, Middelburg en Graaff-Reinet het deelgeneem.
Elke span het drie uitspeelwedstryde, enkels en dubbels, gedurende die twee dae gespeel om die spanne se posisies te bepaal.
Diocesan School for Girls is gekroon as wenners in die dogtersafdeling. Laerskool Stirling was tweede en Laerskool Worcester het derde geëindig.
In die seunsafdeling was Laerskool Stirling die wenners, Laer Volkskool tweede en Laerskool Worcester in die derde plek.
Stefan Gouws is as afrigter van die toernooi aangewys.
Julia Kockott (Stirling) en Arron Louw (Stirling) is as die spelers van die toernooi aangewys.
Lara van Zyl (Laerskool Worcester) is aangewys as die gesogte Jocelyn-speler 2022.
Die wenskole het kontantpryse ontvang en die spelers 'n Wilson-rugsak, medalje en nog meer. Al die borge van die Jocelyn Marais-tennistoernooi is hartlik bedank.
Van link is Grace Kemp, Lucy Holderness, Emma Watson, Emily Marais, Natasha White en Janine Kemp (afrigter van Diocesan School for Girls).
Van links is Christelle Slabber, Mariaan Marais (familielede van Jocelyn Marais), Lara van Zyl (Jocelyn 2022-wenner). Voor staan jong Emily Marais.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'