TENNISNUUS - Twee spanne van Hoër Volkskool het die afgelope week op 25 en 26 Augustus aan die gewilde Marco Wasserman-tennistoernooi wat deur Hoërskool Middelburg aangebied word, deelgeneem.
Die twee spanne, vier seuns en vier dogters het in dubbelspel en gemengde dubbelspel wedstryde van agt potte elk meegeding.
In albei afdelings eindig Volkskool derde.
A-afdeling:
- Eerste plek - Hoërskool Framesby - 187
- Tweede plek - Hoërskool Burgersdorp - 173
- Derde plek - Hoër Volkskool - 167
Wedstryd uitslae:
- Hoër Volkskool 43 - 21 Brandwag
- Hoër Volkskool 37 - 27 De Aar
- Hoër Volkskool 27 - 37 Framesby
- Hoër Volkskool 27 - 37 Burgersdorp
- Hoër Volkskool 33 - 31 Middelburg
B-afdeling:
- Eerste plek - Union High - 181
- Tweede plek - Kingswood College - 133
- Derde plek - Hoër Volkskool - 130
Wedstryd uitslae:
- Hoër Volkskool 39 - 25 Middelburg
- Hoër Volkskool 35 - 29 Cradock
- Hoër Volkskool 26 - 38 Union
- Hoër Volkskool 30 - 34 Kingswood
Die tweede span voor, van links is Saré Viljoen, Lisa Steynberg, Carla van Tonder en Cara Nel. Agter: Hannes van der Merwe, Xander Keyser, Zak Wolfaardt en Joshua du Toit.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’