CRADOCK TENNISNUUS - Hoërskool Cradock het onlangs hul jaarlikse Marilie Moolman-tennistoernooi suksesvol na twee jaar se Covid-inperking aangebied.
Daar het hierdie jaar, op die skool se 50ste bestaansjaar, meer spanne ingeskryf as enige van die vorige jare.
Dertig spanne het deelgeneem en 97 wedstryde is op 35 bane in en rondom Cradock oor 'n tydperk van drie dae gespeel.
Hierdie jaar se wenners van die Ricky de Klerk-wisseltrofee vir seuns was Hoërskool Menlopark van Pretoria en die wenners van die Theron du Plessis-wisseltrofee vir dogters was Jim Fouché van Bloemfontein.
Cradock se eie dogterspan het in die eindronde vasgeval om 'n tweede plek in die toernooi te behaal.
Louisa Pretorius van PSG, Hentie Fouché van Alpha-Pharm Osche Apteek en Pieter-Willem Moolman, pa van Marilie Moolman waarna die toernooi vernoem is, was hierdie jaar se hoofborge. TAMS Superspar en Adami Steers, Wimpy en Karoo-Express en Dirosie Logde by Buffelshoek was ook borge.
Die wenners van die Ricky de Klerk-wisseltrofee vir seuns was Hoërskool Menlopark.
Die wenners van die Theron du Plessis-wisseltrofee vir dogters was Jim Fouché van Bloemfontein.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'