GRAAFF-REINET | CRADOCK NUUS — Twaalf van Marlow se tennisspelers het Maandag na Graaff-Reinet gereis om daar teen Hoër Volkskool kragte te meet.
Marlow se eerstespan wen Volkskool maklik met 9 wedstryde teenoor 0.
Marlow wen 61 potte en Volkskool 15.
Marlow se tweedespan vaar ook baie goed en wen 7-2. Marlow wen 53 potte en Volkskool 21. Marlow wen dus die kragmeting met 16-2.
Al die wedstryde het in 'n goeie gees plaasgevind.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'