GRAAFF-REINET NUUS — Die jaarlikse Jocelyn Marais Laerskole Tennistoernooireeks skop hierdie Vrydag, 4 November in Graaff-Reinet af.
Dit sal die vyfde agtereenvolgende toernooi van sy soort wees wat die Matchpoint Tennisakademie plaaslik aanbied.
Daar is altesaam 64 tennisspelers wat vir dié toernooi ingeskryf is en reis die deelnemers van so ver as Stellenbosch en Bloemfontein. Tennisspelers van die plaaslike laerskole neem ook hieraan deel.
Die kompetisie sal oor twee dae op al die beskikbare tennisbane in Graaff-Reinet gespeel word en kan die wenners uitsien na menige groot pryse wat op die spel is.
Die spelers weeg gewoonlik baie goed op teen mekaar en kan tennis van ’n hoë gehalte verwag word.
Hannelie Pienaar, een van die organiseerders, het bevestig dat die Matchpoint Tennisakademie gereed staan om die besoekende spelers en hul onderwysers op tipiese Graaff-Reinet gasvryheid te trakteer.Graaff-Reinetters word vriendelik uitgenooi om ’n draai te maak by die bane en mooi tennis te geniet.
• Die Matchpoint Tennisakademie rig graag 'n woord van dank aan die borge wat die geleentheid steun: Spar, Riverside Engen Convenience Centre, Gerber, Botha & Gowar, Montgeo Pet Nutrition, Oasis, KFC en Twizza.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'