GRAAFF-REINET NUUS - Rugbyspelers van Hoër Volkskool het uitstekend gevaar tydens die Meyer-Sauerman-toernooi wat die skool self aangebied het.
Die toernooi was die eindronde vir die onderskeie OP-rugbyspanne waar ses van Volkskool se spelers tot OP-spanne verkies is.
L'Reese Stuurman en Jan-Theo van Tonder is verkies tot die o. 16A-span, wat as die Grant Khomo-span bekendstaan.
Zak Wolfaardt, AJ de Jager en Elrico Prins is in die o. 16B-span opgeneem, wat die Rhino Week-span is. Casper Bekker is tot die o. 15A-span, of die Nelson Mandela Metro-span verkies.
Van links: L'Reese Stuurman, Zak Wolfaardt, AJ de Jager, Jan-Theo van Tonder, Casper Bekker en Elrico Prins.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'