GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se o.13A-rugbyspan het verlede Vrydagaand tydens die Drieëdrukaand by Botanies hul eerste vriendskaplike wedstryd teen Union met 10-0 gewen.
Dit was ook die eerste geleentheid waar die seuns in hulle nuwe eeufeesklere kon speel.
Die truie is deur Nissan Eastern Cape, Engen Riverside en Eddie Electrical geborg.
Foto's: Jan-Hendrik Swiegers
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'