Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die Covid-pandemie het vir 'n groot rugbydroogte in dié geweste gesorg, maar toe die droogte met die Rugby met Rede-sewestoernooi by Botanies gebreek word, het die jong rugbybulle geblom en gewys hoeveel ontluikende talent in die Karoo en veral op Graaff-Reinet is.
Die toeskouers is met puik spel deur al die plaaslike spanne vergas en omstanders kon dit beswaarlik glo dat die seuns vir meer as 'n jaar geen kontakrugby gehad het nie.
En geen span het hul talent beter onderstreep as Laer Volkskool se o.13's, nie. Die knape het al hul teenstanders geklop en is uiteindelik as die kampioenspan gekroon.
Voorlangs het hulle oorheers, soms oordonder, maar dis die snellers wat hul verdedigers gereeld in die lug laat gryp het. Dat die skool oor 'n klompie spoedvrate beskik, is gewis.
Dat hulle die bes afgeronde span by die toernooi was, is nie te betwyfel nie.
Louwen Wolfaardt duik oor vir nóg 'n drie. Foto's: Hugo Redelinghuys
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'