GRAAFF-REINET NUUS - Vyf rugbyspelers van Hoër Volkskool is onlangs gekies om verskillende provinsiale en nie-provinsiale spanne tydens die Junie-vakansie by verskeie toernooie te verteenwoordig.
Cullen August, is verkies tot die O.19 OP Plattelandspan wat aan die VKB Landboutoernooi gaan deelneem in Reitz.
Jan-Hendrik Gouws is verkies tot die OP O.15-span wat in Vereeniging gaan deelneem.
Devan Nel is verkies tot die O.18 OP Platteland Akademiespan wat in die Paarl, Wes-Kaap, gaan deelneem.
Heinz Bertram is verkies tot die O.19 OP Plattelandspan wat aan die VKB Landboutoernooi gaan deelneem in Reitz en Erns Mostert is ook vir die O.18 OP Platteland Akademiespan gekies wat in die Paarl, Wes-Kaap, gaan deelneem.
Baie sterkte word die seuns toegewens.
Cullen August, Jan-Hendrik Gouws, Devan Nel, Heinz Bertram en Erns Mostert.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'