HOFMEYR NUUS - Nevaldo Fleurs (22), wat in 2017 aan Hoër Landbouskool Marlow gematrikuleer het, hou steeds die skool se naam hoog.
Hy het as leer-der in die 2017 Cravenweek vir die Oostelike Provinsie gespeel.
In 2018 het hy as student by Stellen-bosch Universiteit ingeskryf vir 'n kursus in B.Com-beleggingsbestuur. In dieselfde jaar haal hy die Maties se Young Guns-rugbyspan en wen hulle vir die tweede agtereenvolgende jaar die Young Guns-kompetisie.
Nevaldo het van-jaar in die Varsity Cup gespeel waar die Maties in die halfeindstryd teen Tukkies vasgeval het.
Die veelsydige jongman is nou in sy finale jaar en hoop om sy graad aan die einde van 2021 te behaal.
Hy wil graag voortgaan met professionele rugby, maar hoop ook om tegelykertyd sy honneursgraad in beleggingsbestuur te doen.
Sy ma, Chalaine Fleurs, die skool-hoof by Twinsville Primêr in Hofmeyr, sê haar seun is toegewyd en hardwerkend.
"Selfs terwyl hy tuis kuier, bly hy besig met sy studies. Ons is baie trots op hom."
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'