GRAAFF-REINET NUUS - Spandau Secondary het verlede naweek aan 'n 7's-rugbytoernooi wat deur Hoërskool Burgersdorp aangebied is, deelgeneem.
Hulle rugbyspan het die o18 7's-toernooi plaat finaal gewen.
Resultate (Spandau telling eerste):
- 0 - 29 vs Hoërskool Trio
- 12 - 14 vs Burgersdorp 2
- 19 - 12 vs 'n Sterk Hangklip span
- 19 - 10 vs Burgersdorp 1 (Plaat Semi's)
- 21 - 12 vs Komani Rugby Academy (Plaat Finaal)
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’