GRAAFF-REINET NUUS - Drie leerders van Spandau Sekondêr het die afgelope naweek aan die OP o.15- rugbytoernooi deelgeneem.
Die proewe het in Oos-Londen plaasgevind.
Die leerders, Kevin Oormeyer, Lugaston Baartman en Jonathen van der Berg, het goed presteer tydens hulle wedstryde.
Kevin is vir die OP se o.15-rugbyspan gekies.
Hy gaan dus deur na die nasionale toernooi wat in Johannesburg tydens die Julie-skoolvakansie plaasvind.
OP-speler Kevin Oormeyer (middel) saam met David Williams (links) en E. Mackelina (skoolhoof).
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'