GRAAFF-REINET RUGBYNUUS - Twee plaaslike jong rugbyspelers het Donderdag, 20 Junie ’n capping-seremonie by Grey Junior in Port Elizabeth bygewoon.
Beide Ethan Jaftha, van Spandau Sekondêre Skool, en Elrico Prins, van Hoër Volkskool, is gekies vir die Oostelike Provinsie se o.13-span.
Hulle sal Graaff-Reinet se naam hoog hou tydens die o.13-Craven Week in Witrivier, Mpumalanga, wat 24 Junie afgeskop het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'