HOFMEYR NUUS - Hofmeyr is ongelooflik opgewonde oor Janse Roux (25), wat na vyf weke se kuier in Suid-Afrika, op 19 Junie na Frankryk teruggekeer het, waar hy op internasionale vlak rugby speel.
Hy het vir sy jaarlikse vakansie by sy pa, Ettienne Roux, op Allemansvlei, in die distrik, gekuier.
Janse is in Middelburg gebore en het hy ook daar laerskool bygewoon. Hy voltooi sy hoërskoolopleiding by Hoër Landbouskool Marlow, voordat hy met sy professionele rugbyloopbaan begin. Ettienne het intussen na Hofmeyr verhuis waar hy op een van die Roux-familie plase boer.
Janse is twee meter lank en weeg 124 kg. Hy het sy ervaring in die OP Olifante-span van 2016 tot 2017 opgedoen. Daarna teken hy oorsese kontrakte en van 1 Julie word hy tot Julie 2025 kontraktueel verbind om sy rugbyloopbaan voort te sit as slot in die rugbyspan, Colomiers.
Janse sê dat die hoogtepunt van sy loopbaan tot dusver is om as onderkaptein van die klubspan uit te draf.
"Dit was 'n groot bederf en 'n heerlike tyd op die plaas, maar ek moet streng by my oefenprogram hou sodat ek fiks is wanneer ek in Frankryk land," vertel hy.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’