RUGBY NUUS - Oakdale se B-span moes verlede Saterdag by 'n interskole-rugbytoernooi by dié skool behoorlik spook om Hoërskool Charlie Hofmeyr van Ceres te klop.
Die besoekers het vir 'n groot deel van die wedstryd aan 'n klein voorsprong geklou, maar Oakdale het in die doodsnikke van dié taai kragmeting die knoop deurgehak en met 18 - 17 gewen.
Hugo Redelinghuys het die aksie afgeneem.
Michael Fourie (senter) was vernietigend op die aanval.
Michael Fourie (senter) word net-net gepootjie deur Charlie Hofmeyr se Luan Gillomee (losskakel).
Shayden Fradie (loskakel) tuimel oor 'n verdediger van Charlie Hofmeyr.
Gustav van der Merwe (met bal) spring oor sy spanmaat Daniël le Roux met George Coetzee en Sebastian Lötter wat hom dophou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’