RUGBY NUUS - Mosselbaai Rugby Voetbalklub (RVK) is hard besig om die klub weer aan die "rol" te kry. 'n Nuwe bestuur is onlang verkies en hulle is oorgehaal om met behulp van spelers, ondersteuners en borge, weer lewe in die klub te blaas.
Die bestuur doen 'n beroep op alle nuwe en ou spelers om op Vrydag, 28 Julie, om 16:00 by die Van Riebeeck Stadion op Mosselbaai te kom inskryf. Op daardie dag sal die bestuur 'n bekendstelling doen.
Bepalings sal dan aan al die spelers voorgelê word. Spelers sal die kans gegun word om vrae te stel aan die bestuur.
Met dit in gedagte gaan daar ook oor kondisionering gepraat word en 'n moontlike wedstryd teen 'n toerspan van Port Elizabeth voor die einde van die huidige seisoen. Alle spelers sal 'n speelkans gegun word in die wedstryd, dit sal die afrigters 'n kans gee om elke speler te evalueer.
Dit is belangrik vir die bestuur om weer die rugby-liefhebbers by die klub betrokke te kry. Enigiemand is welkom om betrokke te raak al is dit net deur jou tyd te gee.
Toekomstige planne is om weer 'n ondersteuners /oudspelers klub te vestig.
Besighede, wat betrokke wil raak met borgskappe vir die 2024-seisoen kan kontak maak met Riaan van der Heyde (082 068 4752) of Ginger Prinsloo (082 875 7055).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’