GRAAFF-REINET RUGBY-NUUS - Ethan Jaftha, ‘n leerder verbonde aan Lingcom Primêr in Graaff-Reinet, se vernuf met 'n rugbybal het daartoe gelei dat hy onlangs gekies is vir die Sarah Baartman-distrik se O.12-rugbyspan.
Ethan het die span toe verteenwoordig by ‘n jaarlikse O.12-rugbytoernooi in Riversdal wat van 27 September tot 1 Oktober gehou is.
Ethan en sy span het baie goed gespeel en die skool is baie trots op sy prestasies op die rugbyveld.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'