GRAAFF-REINET NUUS— Aubrey Passman - verbonde aan Hoër Volkskool in Graaff-Reinet - het tydens die Junie-vakansie deelgeneem aan 'n O.19 rugbytoernooi te Reitz in die Vrystaat.
Hier het hy die OP Platteland O.19 15-man rugbyspan verteenwoordig. Veertien spanne het aan die toernooi deelgeneem - uit dié spanne is 10 spelers gekies vir die SA Platteland O.19 7's-rugbyspan.
Aubrey is gekies vir hierdie span wat in Oktober in Mauritius gaan toer. Hy was ook tydens die toernooi na twee wedstryde aangekondig as die speler van die wedstryd.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'