RUGBY NUUS - Laerskool Kroonvale se o.13-rugbytjokkers het hulself deeglik laat geld by die Rugby met Rede-toernooi wat onlangs by Botanies aangebied is.
Hulle is uiteindelik in die halfeindronde deur Laer Volkskool gestuit.
Die o.13's het 'n paar ysters in hul span en het veral beïndruk met hul aanvallende spel.
Hul grootste uitblinker was sekerlik Jay-Dee Olifant wat met sy kraglopies talle verdedigers geklop en gereeld agter die doellyn gaan draai het. Hy is 'n sterke derduiwel en kan dit nog ver bring op die rugbyveld.
'Ons bring jou die nuutste Karoo nuus'