RUGBYNUUS - Jan-Theo van Tonder, 'n gr. 11-leerder aan Hoër Volkskool, het die afgelope vakansie vir OP-Akademie se o.18-span in die interprovinsiale rugbytoernooi by Jeppes Boys High in Johannesburg gespeel.
Die span het goed gespeel en volgens 'n onderwyser van Hoër Volkskool is daar meermale na Van Tonder verwys as 'n "speler wat ons maar kan dophou".
OP-Akademie se uitslae:
- OP wen 27 - 24 teen SWD
- OP wen 24 - 22 teen Grens
- OP verloor 42 - 48 teen WP
- OP verloor 33 - 39 teen Cheetahs
- OP verloor 11 - 32 teen Griekwas
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’