RUGBY NUUS - 'n Skole-sportbyeenkoms met 'n internasionale kleur het Saterdag 30 Julie vir groot opwinding by Hoërskool Heatherlands gesorg. Daardeur is sommer 'n fondament vir toekomstige sportgeleenthede gelê.
Tydens 'n luisterryke geleentheid was daar onder meer rugby-, en basketbalspanne van St George's High School van Argentinië op die sportterrein by Hoërskool Heatherlands in aksie.
Daar is ook netbal gespeel.
Benewens die Argentyne het Heatherlands en ander skole, soos HTS Eden, Groot-Brakrivier Sekondêr en Hoërskool Pacaltsdorp, meegeding.
In die dogtersbasketbal het St George's High School van Argentinië en Hoërskool Heatherlands meegeding en op die rugbyveld die o.16-rugbyspanne van die twee skole.
Van die deelnemers aan die naweek se sportaksie by Hoërskool Heatherlands.
Van die deelnemers in aksie tydens die naweek se sport by Hoërskool Heatherlands.
Daar was groot afwagting vir die "internasionale" rugbywedstryd en kort voordat die hoofwedstryd begin het, is Argentinië en Suid-Afrika se nasionale volksliedere gespeel. Uiteindelik het die Argentyne met 29 - 0 gewen.
Juan Pablo Taboada, een van die afrigters van die Argentynse span, het gesê die skool is in Buenos Aires, hoofstad van Argentinië, geleë. Dit is die derde keer dat die skool so 'n reis na die buiteland onderneem. Dis 'n sport en kulturele reis. "Die seuns geniet die reis baie en dis 'n wonderlike ondervinding vir hulle."
Volgens hom is rugby baie gewild in Argentinië en dit groei in gewildheid.
Kidron Kaboni, koördineerder van sport en 'n onderwyser by Hoërskool Heather-lands, het Maandag gesê die geleentheid was 'n groot sukses. 'n Goeie gees het geheers. "Die dag het 'n fondament vir toekomstige sportgeleenthede gelê."
Planne is in die pyplyn om nog 'n sportdag in September te reël. As dit plaasvind sal meer besonderhede later bekendgemaak word.
Daar word saam met SWD-rugby gewerk om die skool 'n sportmekka te maak.
Voorts om dit ook 'n kulturele mekka te maak.
Die bestuurspan van St George's High School van Argentinië, John Cavernelis (bestuurder), Juan Pablo Taboada (afrigter) en Diego Cebey (afrigter).
Die o.16-rugbyspanne van St George's High School van Argentinië en Hoërskool Heatherlands kort voor die begin van die wedstryd.
Die o. 16-rubyspanne van St George's High School van Argentinië en Hoërskool Heatherlands in aksie. Foto's: Eugene Gunning
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'