GRAAFF-REINET NUUS - Hoër Volkskool is die naweek as die kampioene van die 7's-rugbytoernooi gekroon - die tweede jaar in 'n ry!
Die toernooi is by Hoërskool Burgersdorp gehou en Hoër Volkskool wen hulle eerste wedstryd teen Komanie Rugby Development van Queenstown 21 - 12.
Daarna het hulle teen Queen's College gespeel en wen 19 - 7.
Die volgende wedstryd was teen Hoërskool Middelburg en Volkskool wen 38 - 12.
Saterdag het die manne in die kwarteindstryd teen Hoërskool Bultfontein uitgedraf en wen 38 - 7.
Na dié goeie oorwinning speel hulle in die semi-finaal weer teen Queen's College en seevier 17 - 0.
In die eindstryd verseker hul uitstekende spel vir hulle 'n manjifieke oorwinning van 24 - 5 teen Hoërskool Trio van Kroonstad.
HVS se 7's-rugbyspan is Bertus Pretorius, Jan-Theo van Tonder, Elrico Prins, Pieter van der Merwe, AJ de Jager, Jaco van Schalkwyk (afrigter), Zak Wolfaardt, L'Reese Stuurman, Gideon Becker en Lugaston Baartman.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’