GRAAFF-REINET SPORTNUUS - Kragmetings teen Hoërskool Despatch is jaarliks van die moeilikste vir Hoër Volkskool se eerste rugbyspan, veral as dit op Despatch se tuisveld is.
Verlede Woensdag het Volkskool se manne egter niks in hulle pad laat staan nie en ten spyte van beserings, geel kaarte en 'n baie stowwerige rugbyveld as gevolg van die droogte, het hulle Despatch in die stof laat byt en seëvierend teruggekeer na Graaff-Reinet vir Vryheidsdag.
FOTOGALERY: Hoër Volkskool teen Hoërskool Despatch in rugby
Hoër Volkskool het die wedstryd 26 - 13 gewen.
Afrigter Jaco van Schalkwyk en sy span was slaggereed vir die wedstryd en Hoër Volkskool se deursettingsvermoë en dissipline het hulle die oorhand laat kry.
Jan-Theo van Tonder (agsteman) en Zak Wolfaardt (flank) het die span se drieë gedruk en AJ de Jager (heelagter) en Elrico Prins (losskakel) het met hulle skopwerk die puntestand vergroot.
Jan-Hendrik Swiegers was daar en het ongelooflike foto's van die wedstryd geneem.
Vorige artikel: Hoër Volkskool seëvier oor Hoërskool Despatch
Afrigter Jaco van Schalkwyk en sy span. Foto’s: Jan-Hendrik Swiegers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’