GRAAFF-REINET NUUS - Dagbreek-rugbyklub van Stellenbosch het hulle jaarlikse Karoo-toer na Graaff-Reinet gehad.
Die wedstryde is Dinsdag op die Botaniese-sportveld gespeel en is uitstekend ondersteun.
Die voorwedstryd is tussen Spandau Sekondêr se eerste span en The Giants van Asherville gespeel. The Giants het die wedstryd oortuigend met 19 - 10 gewen.
Die hoofwedstryd tussen Graaff-Reinet Oud-Rugbyspelers en Dagbreek was 'n harde wedstryd wat toeskouers behoorlik hul naels laat byt het.
Beide span het hul bes gedoen en was vasberade om te wen. Nie een van die spanne kon daarin slaag om die gelykoptelling van 19 - 19 voor die eindfluitjie geblaas het te verander nie.
Andro Burger
Foto's: Neco Bokwe
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'