CRADOCK RUGBYNUUS - Nevaldo Fleurs (23), oudleerder van Marlow Hoër Landbouskool, draf die jaar as heelagter vir Stellenbosch Universiteit se eerstespan uit.
Fleurs is onlangs aangewys as speler van die wedstryd tydens die Varsity Cup-wedstryd teen UWC (University of the Western Cape).
Hy het Maandagaand in die eerste van twee Varsity Cup semifinale-wedstryde gespeel waar Maties die Universiteit van Kaapstad oortuigend met 58 - 19 getroef het.
Hy het as Marlow-leerder in 2017 Cravenweek gespeel vir die EPRU-span. In 2018 registreer hy as student by Stellenbosch Universiteit, waar hy verder studeer in BCom Beleggingsbestuur, en behaal dieselfde jaar plek in die Maties Young Guns-span. Hy speel beide 2018 en 2019 in die span, en die span wen beide die twee jaar die Young Guns-kompetisie," deel sy vader, Neville Fleurs van Cradock mee.
Volgens Fleurs se pa, verkies sy seun om heelagter te speel, maar moes hy die laaste twee wedstryde instaan in die nommer 10-trui weens beserings van ander spelers.
"Hy is ook 'n sterk skopper en is op die stadium ook die span se skopper."
Sy ma, Chalaine, is ook vol lof oor haar seun se prestasies.
"Ons seun is so hardwerkend, selfs terwyl hy tuis kuier, is hy net besig met sy studies. Natuurlik is ons trots op hom.
'Ons bring jou die nuutste Cradock, Karoo nuus'