GRAAFF-REINET NUUS - Ethan Jaftha (13), ‘n leerder van Spandau Sekondêre Skool, is gekies vir die Oostelike Provinsie se o.13-A rugbyspan.
Hierdie leerder sal aan die onder 13 Craven Week vanaf 23-28 Junie 2019 in Witrivier, Mpumalanga deelneem.
Gedurende die toernooi sal hy onder andere teen spanne soos die Blou Bulle en Westelike Provinsie meeding.
Die skool is baie trots op dié kranige sportman. Alle sterkte en hou Spandau se naam hoog by die Craven Week.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'