RUGBY NUUS - Duhan van der Merwe wat oorspronklik van George kom, het vanaand 4 Februarie 'n deurslaggewende rol gespeel in Skotland se oorwinning van 29-23 teen Engeland.
Van der Merwe was nog twee weke gelede in die Suid-Kaap waar hy met Nika Badenhorst, die liefde van sy lewe getrou het.
Vanaand het hy op Twickenham in Londen gewys waarom hy so groot aanwins vir Skotland se rugbyspan is. Hy het twee drieë gedruk. Sy eerste drie in die eerste helfte sal nog vir baie jare oor gepraat word.
Tot kort voor die einde was Engeland nog 23-22 voor, maar Duhan het ander planne gehad. Hy het die wendrie vir Skotland gedruk.
Duhan is ook as die Man van die wedstryd aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'