GRAAFF-REINET NUUS - AJ de Jager van Hoër Volkskool is vroeër vanjaar ingesluit by die Bokkies 019-rugbyspan wat tydens die Septembervakansie na Romenië getoer het.
Hy is as onderkaptein van die span aangewys. In Brasov het hulle hul eerste wedstryd teen Cristain gespeel en wen die wedstryd oortuigend 101 - 5.
AJ is as Speler van die Wedstryd aangewys.
Die volgende dag is hulle Bucharest toe waar hulle teen Soimii gespeel het en wen 19 - 15.
Die volgende wedstryd het hulle teen 'n ope internasionale span, Rapid Rugby, gespeel. Die 0.19's moes sterk staan teen volwasse mans wat deel is van die klub.
Die seuns het hulle beste gegee maar die "ooms" was ongelukkig net té groot en sterk. Hulle verloor die wedstryd 17 - 38.
Bokkies 019-rugbyspan wat tydens die Septembervakansie na Romenië getoer het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’