RUGBYNUUS - Die Steytlerville Barbarians se A-span het die afgelope Saterdag Jansenville se Kudus op die Barbarians se tuisveld verslaan.
Die puntemakers wat bygedra het tot die Barbarians se 24 - 0 oorwinning was Shean Killean, Gert Potgieter, McDonald Booysen, Mario Witbooi, Thembelani Mkhuma en Renaldo Jaer.
Die Barbarians se B-span het met 10 - 3 ook as oorwinnaars van hul tuisveld afgedraf.
Beide spanne van die Barbarians het tot dusver al die Karoo-subunie ligawedstryde wat hulle vir 2023 gespeel het, gewen.
Die Steytlerville Barbarians (groen) in aksie op hul tuisveld teen Jansenville se Kudus.
Die Steytlerville Barbarians bou gees voor die wedstryd.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’