Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die interskole toernooi tussen Asherville en Spandau Sekondêre Skole 2022, was 'n reusesukses ten spyte van die feit dat die groot trofee na twee jaar van wag deur die twee skole gedeel moet word.
Die eerste rugbyspanne het Saterdag agt elk gelykop gespeel.
Volgens die hoof van Asherville Sekondêr, Jeff Grootboom, wat dié jaar interskole aangebied het, was daar egter wel 'n paar hindernisse gewees.
FOTOGALERY: Interskole toernooi tussen Asherville en Spandau Sekondêre Skole 2022
"Die toernooi kon nie by die Collie Koeberg-sportkompleks plaasvind nie, as gevolg van konstruksiewerk. Vir die doeleindes van so 'n groot interskole toernooi het die Botaniese velde te kort geskiet aan van die vereistes, soos omheining by die sportterrein."
Nieteenstaande is daar goeie spel deur beide spanne gelewer.
"Die atmosfeer was fantasties onder beide skole se ondersteuners en spelers. Die program het begin met die "big brag" van die onderskeie skole. Die toernooi het amptelik op Donderdag 11 Augustus met skaakwedstryde en 'n spraakkompetisie begin."
Volgens Grootboom het Asherville daar as wenners uit die stryd getree.
Donderdagaand was daar 'n gesamentlike semi-formele funksie by Bush Guesthouse.
"Dit was 'n genotvolle geleentheid waar beide skole se personeel sosiaal kon verkeer. Op Vrydag 12 Augustus is die vlugbalwedstryde by Spandau Sekondêr gespeel."
Die seuns- en dogtersvlugbalspanne van Spandau het hier met die louere weggestap.
Die res van die wedstryde het Saterdag 13 Augustus by die Botaniese-sportterrein plaasgevind (nog foto's op bl.9).
Die res van die uitslae is as volg:
Netbal
- o.14: Asherville Sekondêr wen 10 - 5
- o.15: Asherville Sekondêr wen 7 - 6
- o.16: Asherville Sekondêr wen 8 - 7
- o.17: Spandau Sekondêr wen 11 - 3
- Eerste spanne: Asherville Sekondêr wen 20 - 19
Rugby
- o.14: Spandau Sekondêr wen 14 - 0
- o.15: Asherville Sekondêr wen 12 - 8
- o.16: Asherville Sekondêr wen 12 - 10
- Tweede spanne wen Spandau Sekondêr wen 8 - 5
Grootboom sê dat beide skole volgens hom wenners was.
"Ek dat die kompetisie vir die toekoms net beter uitslae op die veld sal lewer. Ek wil weereens al ons borge en ondersteuners bedank en ons maak staat op almal se ondersteuning in die toekoms. Plaaslike borge moet ook van die geleentheid gebruik maak om betrokke te raak by hierdie groot gemeenskapstoernooi. My beste wense gaan dan ook aan die gasheer vir 2023 en hoop dat hulle net sal verbeter op die reëlings van so 'n fantastiese interskole toernooi.
Jeff Grootboom en personeel.
Borge:
- Cipal Communication
- Spandau Spar
- Toyota
- Pick n Pay
- Bush Guest House
- XTT
- Bernard Van Heerden
- Standard Bank
- Caltex
- Herholdt Indecor
- Nathan Jacobs
- Steers
- M GreenEyona Holdings
- Gaze Fresh
- W Lillah
- Le Roux &Amp Seuns
- Loretta Carelse
- Ronnie Hansen
- Laer Volkskool
- Hoër Volkskool
- Union High
- Robert Hector
Ondersteuners tydens die interskole. Foto's: Neco Bokwe
'Ons bring jou die nuuste Graaff-Reinet, Karoo nuus'