RUGBY NUUS - In die EPRU-Grand Challenge-liga, het Aberdeen-rugbyklub Saterdag 15 Julie te staan gekom teen Graaff-Reinet se trots, Sentraal-rugbyklub.
Die patroon wat vanjaar tussen die twee spanne gevorm het – wenners op hulle tuisveld – is Saterdag voortgesit en Aberdeen se A-span het getriomfeer oor Sentraal se A-span met 'n eindtelling van 30 - 25.
Die hoofwedstryd was weereens 'n taai geveg tussen die twee spanne en hordes toeskouers se meelewing het beide spanne aangespoor om hulle harte en velle op die genadelose veld te los.
Vir die wenspan het Romario Saayman, Henlein Kamfer, Jaden Jaar en Chadley Kombella agter die pale gaan kuier met drieë.
Aan Aberdeen se kant was dit egter nie net 'n oorwinning nie. Arlen Jantjies het sy enkel gebreek en Alexis Saayman het sy been gebreek.
Beide spelers is buite aksie vir die volgende ligawedstryd wat komende Saterdag 22 Julie teen Harlequins in Gqeberha gespeel sal word.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’