ABERDEEN SPORTNUUS - Saterdag 8 April was 'n groot rugbydag op Aberdeen en dit het gelyk asof Aberdeen B se 28 - 13 nederlaag teen Hampshires A van Graaff-Reinet in die voorwedstryd, nét die ding was om Aberdeen A te inspireer.
Die span het onder luide gejuig vir die gedugte Cape Town Warriors met 21 - 17 verslaan.
Warriors speel indrukwekkende rugby in die A-Superliga in die Kaap en hulle agttal doen die span se naam gestand - groot manne, en Aberdeeners se harte het in hul kele geklop.
Maar gou het Aberdeen A se kleiner, fikse agttal gewys dat hulle die reuse van Warriors in toom kan hou.
Nico Vywers, voorsitter van Aberdeen-rugbyklub, sê die konstante, luide toejuiging van die toegewyde ondersteuners het die Aberdeen-manne met die ekstra nodige drif gevul om Warriors te verslaan.
Aberdeen A se heelagter, Arlen Jantjies, wat twee skitter-drieë gedruk het, is as speler van die wedstryd vereer.
Aberdeen se woeste wilskrag hou Warriors se brute spierkrag in toom.
Aberdeen is die manne met die blou broeke.
Warriors se lynstaaningooi.
Oud en jonk ondersteun rugby op 'n Saterdag. Foto's: Nico Vywers
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’