SUID-KAAP NUUS - Die SWD-rugbyunie bied op Saterdag 4 Maart 'n rugbydag vir belowende o.16- en o.18-rugbyspelers by PW Botha-kollege aan.
Dié dag, wat bekend sal staan as die Hennie Baartman o.16- en o.18-rugbydag, spruit voort uit die unie se voorneme om die poel talentevolle spelers te vergroot deur 'n meer regverdige en objektiewe kans te gee aan spelers verbonde aan nie-tradisionele rugbyskole om in aanmerking te kom vir vanjaar se jeugspanne.
Die SWD President o.16- en o.18-vyftientalle sal na afloop van die dag saamgestel word uit die spelers van die onderskeie streke wat deelneem.
Spelers in albei groepe sal weekliks individuele, posisionele en spanverwante afrigting ontvang en teen tradisionele rugbyskole soos Hoërskool Outeniqua en Hoër Landbouskool Oakdale speel.
Dié geselekteerde groepe sal ook later vanjaar aan die Southern Cape Sporting Tours-rugbytoernooi deelneem.
Die program vir Saterdag is as volg:
A-veld (o.18-spanne)
09:15: Hessequa vs Knysna/Plett.
10:30: Oudtshoorn vs Sentraal Karoo.
11:45: Openingstoespraak (Hennie Baartman: president: SWD RU)
12:00: George vs Mosselbaai.
B-veld (o.16 spanne)
09:15: Hessequa vs Knysna/Plett.
10:30: Oudtshoorn vs Sentraal Karoo.
12:00: George vs Mosselbaai.
Vir enige navrae bel Martin de Vos by die SWD-rugbyunie by 044 873 0137.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'