SUID-KAAP NUUS - Drie groot rugbywedstryde, met die hoofwedstryd die Arende teen die DHL Westelike Provinsie, word Sondag 25 Junie in Oudtshoorn gespeel te word.
Al drie die wedstryde vorm deel van die SuperSport Rugby Challenge. Die wedstryde, wat op die Bridgton-sportterrein plaasvind, word regstreeks op SuperSport uitgesaai.
Om 11:00 skop die wedstryd tussen Evergreens en Hawston af, gevolg deur Bridgton teen Progress om 13:00. Die hoofwedstryd tussen die Arende en DHL WP vind om 15:00 plaas.
Bridgton en Progress sal opreg 'n spannende voorwedstryd vir die provinsiale wedstryd wees. Progress beklee tans die eerste posisie in die SWD-premierliga, met Bridgton in die tweede plek uit die 10 SWD-premierligaspanne.
Beide spanne staan op 43 punte op die punteleer. Progress het sover 9 van hul 10 wedstryde gewen, terwyl Bridgton spog met 8 oorwinnings en een gelykop uitslag uit hul 11 wedstryde sover gespeel.
Die SuperSport Rugby Challenge word deur Rugby Suid-Afrika beskryf as 'n "goeie nuus storie vir Suid-Afrikaanse rugby". Die uitdaagreeks het ten doel om rugby na die mense te neem, deur die gebruik van sportvelde weg van die hoofstadions, maar in die hart van die gemeenskap.
Die toernooi het amptelik op 10 April op die Bill Jardine Stadium in Bosmont, Johannesburg, begin. Dit is 'n 67-wedstryd toernooi, waaraan 14 SA unies, asook Namibië se Welwitschias oor 13 weke kompe-teer. Die 67 wedstryde sluit die klubrugby voorwedstryde in.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo, Hessequa nuus'