GRAAFF-REINET NUUS - Wian Lotter, 'n leerder by Hoër Volkskool, is in die Oostelike Provinsie se boogskietspan opgeneem wat op 24 September in Uitenhage aan 'n interprovinsiale toernooi gaan deelneem.
Hy word sedert Maart vanjaar deur Beyers en Carol Cronjé afgerig en sy toewyding en die ekstra oefeninge het voorwaar vir hom vrugte afgewerp.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'