Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Laer Volkskool se jaarlikse kleurebyeenkoms het vanjaar vroeg afgeskop met die velditems wat op Woensdag 25 Januarie plaasgevind het.
Op Vrydag 27 Januarie het die Rupertspan (rooi) en die Reinetspan (blou) kragte gemeet op die baan.
Ten spyte van hoë temperature daardie dag het beide spanne uitstekend gevaar.
FOTOGALERY: Laerskool Volkskool se atletiek
Die Rupertspan het egter met 915 punte teenoor die Reinetspan se 753 punte as die wenners uit die stryd getree.
Drie rekords
- Lee-Jon Blignaut - Seuns o.12 100 m: 13,68
- Lee-Jon Blignaut - Seuns o.12 150 m: 21,13
- Samuel Pearson - Seuns o.11-gewigstoot: 8, 65m
Laer Volkskool se victrix ludorum, Deidre Alberts.
Victrix en victor ludorum
Deidré Alberts is aangewys as die victrix ludorum en die victor ludorum word hierdie jaar gedeel deur AW Lambrechts en Tristan Lodewyk.
Die skool se leerkragte en skoliere sê baie geluk aan al hierdie atlete wat so uitstekend gevaar het. "Dankie aan die ondersteuners en elkeen wat as beampte gehelp het. 'n Spesiale dank ook aan die terreinpersoneel wat die velde so pragtig voorberei het."
Gideon van der Mescht was daar met sy kamera en het met sy pragtige foto's verseker dat die dag deur al ons lesers geniet word.
Foto's: Gideon van der Mescht
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'